Welkom by Dagbreek Manskoshuis se amptelike eeufeeswebwerf. Vanjaar kom voormalige en huidige Daggies bymekaar om ‘n eeu van Dagbreek-wonders, verhale en ‘n blink toekoms te vier. Alhoewel ons nie té veel wil ag slaan op die glorie van die verlede nie, maar wil strewe na prestasie in die toekoms, is dit miskien by ‘n geleentheid soos hierdie tyd om ‘n bietjie stil te staan en terug te kyk hoe ver ons gekom het. Dit is ook tyd om weer vriendskappe uit die verlede op te wakker, om verhoudinge te herbesoek en om hierdie oomblik te geniet. Deur deel te neem aan ‘n eeufeesgeleentheid, ‘n paar eeufeesherdenkings aan te skaf en sodoende eeufeesgebeurtenisse te ondersteun of deur hierdie bladsy bloot dop te hou om op hoogte te bly van die eeufeesmedia, kan jy deel vorm van hierdie wonderlike geleentheid wat vir die volgende eeu onthou sal word.

Gallery: Geleenthede wat reeds plaasgevind het

Eeufees Memorabilia